Tydens die vreesaanjaende oomblikke toe ’n vliegtuig op ’n onlangse vlug van Londen na Pole ’n noodlanding moes uitvoer, het die passasiers saam hardop begin bid.

Die vlug van Titan Airways moes noodgedwonge in Amsterdam land. Teen daardie tyd was die suurstofmaskers reeds laat sak.

Talle van die passasiers was Jode op ’n pelrimsreis na Pole. In ’n video wat ’n medepassasier tydens die noodlanding opgeneem het, kan jy hoor hoe talle passasiers die Hebreeuse gebed Ani Ma'amin sing.

Ani Ma'amin beteken rofweg "ek glo".

Dit is nie onmiddellik duidelik wat die noodtoestand op die Boeing 767 veroorsaak het of wat tot die verlies in kajuitdruk gelei het nie. Die vlug was veronderstel om in Rzeszof in Pole te land.

Volgens berigte was die Joodse passasiers op pad na die graf van Elimelech van Lizhensk, ’n Rabbi en een van die stigterslede van die Chassidistiese beweging.

Niemand is tydens die voorval beseer nie. ’n Woordvoerder vir die lugdiens het bevestig die vliegtuig word gereeld versien in oorleg met regulasies.

Bronne: Metro, Daily Mail