Wat sou jy doen?

Dit was omtrent ’n geval van elkeen vir homself toe ’n krokodil ’n paartjie se laataand-swemmery onderbreek in “die swembad van ’n privaat woning” in Kariba, Zimbabwe.

In die vreesaanjaende beeldmateriaal baljaar ’n man en vrou in die swembad toe die reptiel in die water inglip.

Die man spring sonder huiwering uit die swembad en los die arme vrou om op haar eie die krokodil af te weer.

Terwyl die krokodil herhaaldelik die vrou probeer byt, daag nog ’n man op en help om die krokodil af te skrik.

Kyk onder na die skrikwekkende video.