Is jy gek oor Stephen King se rillers?

Die pa van die tweeling Poppy en Isabella Hughes (4), van Engeland, is ’n groot aanhanger en gaan selfs sover om sy oulike tweelingdogtertjies soos die tweeling in die fliek The Shining aan te trek en in hotelgange te laat poseer wanneer hulle op reis is. Martin Hughes het op sy Twitterblad onder met ’n foto van hulle geskryf: Gek daaroor om dít met my meisies in hotels te doen en mense bang te maak. Dit maak die moeilikheid om ’n tweeling te hê die moeite werd.

Die foto is meer as 6 000 keer gedeel.

Met hul langerige hare, soortgelyke rokkies en haarknippies aan die kant van die kop lyk die oulike tweeling besonder baie na die spookdogtertjies in die riller van 1980.

Martin het in ’n onderhoud met Buzzfeed gesê hy het hulle selfs geleer om die reël dialoog uit die fliek te sê: “Come and play with us.”

Dit het glo al ’n paar gaste op hol gehad.

shiningtwins