Moenie dat jou kleuter of peuter hierdie video onder oë kry nie, want dan sal jy heel moontlik ook moet gaan kers opsteek by Backyard Roller Coasters vir ’n plan om jul eie wipwaentjiespoor in die agterplaas te bou.

Dis binne ’n dag 40 000 keer gekyk. Wyatt se kraailaggie van genot was vir die meeste mense baie oulik. Een of twee het gemor omdat hy nie ’n veiligheidshelm dra nie. Maar sy ma, Brittany Brazelton, het gou laat weet hy het darem deurentyd ’n veiligheidsgordel gedra.

Wyatt het by sy pa begin kerm ná ’n besoek aan Disneyland in Orlando, Kalifornië. Hy was nog nie oud genoeg om op die opwindende ritte daar te ry nie. Die toegewyde pa het in ’n soektog op die internet afgekom op die maatskappy wat help om tuimeltreine in kleiner formaat by mense se woonplek op te rig.

Paul Gregg van Backyasr Roller Coasters het hom met raad bygestaan. Scott gaan binnekort video's van die oprigting plaas.

Wyatt en Brittany was sy inspirasie om aan te hou bou, al het dinge skeefgeloop.

“Jul glimlagge het al die beserings en vier-letter-vloekwoorde wat met so ’n projek gepaardgaan, die moeite werd gemaak,” skryf Scott by die video.

“As die bure oor die mure kon sien, sou hulle gedink het ons is gek," het hy bygevoeg.

Vir nog oulike agterplaas-wipwaentjies gaan kyk op:

En vir die wêreld se mees vreesaanjaende tuimeltreine, besoek The Active Times.

Bron: Facebook