Charley Stillwell se Ouma Trys is besig om die internet op horings te neem. En nee, dis nie te wyte aan haar weergalose vaardighede op verwagte terreine nie.

Dis haar reaksie tydens haar kennismaking met Face Swap Live wat die wêreld laat skaterlag.

Face Swap Live, oftewel Face Swap in kort, stel jou in staat om op enige oomblik gesigte te ruil met ’n vriend of ’n foto. Jy't nie enige fotografiese manipulasievaardighede of programme soos byvoorbeeld Photoshop nodig om koddige oomblikke te skep nie.

Dis presies wat Ouma Trys uitgevind het toe hulle haar voor die rekenaarskerm sitgemaak het.

Hou jou hoed vas, hierdie gaan ’n wildewragtig-skaterlag rit wees as die dierbare ouma gesigte ruil met Beyoncé, Marilyn Monroe en daar selfs ’n Donald Trump iewers ingeglip word.

* Gaan na die App Store of Google Play om die app teen 'n geringe bedrag aan te skaf.

Ander stories op Huisgenoot.com:

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou Blake Lively deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Kyk: Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping

Pragfoto’s: Die sprokiesverhaal van prins Rainier III en die beeldskone Grace Kelly se lewe saam

Hiert jy! Daar ontluik nóg ’n Schumacher in ’n gedugte spoedvraat