’n Video van die blonde seuntjie wat vertel hoe “stout sy kinders is”, is teen Woensdagmiddag al meer as 172 000 keer gekyk en 10 000 keer gedeel.

“Hulle wil net tjips, tjips, koeldrank, koeldrank, appel, appel. Hulle is net té demanding.”

Daarna sê hy moedeloos: “Ek weet nie hoekom my kinders so stout is nie.” ’n Vrouestem in die video simpatiseer met die seuntjie en sy “baie kinders”.

“Slaap hulle almal by jou?” vra sy. “Ja, hulle slaap agter my rug,” kom die antwoord.

Dit is onbekend wie die seuntjie is en waar hy vandaan kom. Huisgenoot het Juaneme Senekal, wat die video op Facebook gelaai het, genader, maar sy weet ook nie wie knapie is nie. “Ek het die video op my vriendin se foon gekry en sy weet ook nie waar dit vandaan kom nie.”

Die video waarin die seuntjie praat is teen Woensdagmiddag al meer as 172 000 keer gekyk en 10 000 keer gedeel.

Kyk die oulike video hier: