Baie kan verander in ses jaar se tyd.

Maar Rozonno Jnr, Elijah, Olivia, Madison, Josiah en Issac is steeds te oulik vir woorde.

Die sesling is gebore in Columbus, Ohio, in 2010 en hulle is die kinders van Rozonno en Mia McGhee, wat gesukkel het met vrugbaarheidsprobleme voordat hulle kon swanger raak. Die ouerpaar het die koms van hulle ses klein wonderwerkies – die heel eerste sesling wat in Columbus gebore is – gevier met ’n pragtige fotosessie in die fotograaf Brian Killian se studio. Die fotosessie het ’n onvergeetlike foto opgelewer van die babas wat salig slaap op hul pa se rug en in sy arms, met ma Mia wat liefdevol toekyk. Hierdie jaar het die familie van agt, wat ook met hulle eie realiteitsreeks Growing up McGhee spog, teruggekeer na Brian se studio om die lieflike portret te laat afneem.

Vir hulle tweede probeerslag het Rozonno en Mia se vier seuns en twee dogters vleeskleurige hemde aan en lê hulle uitgestrek in soortgelyke posisies.

Maar dit was nie heeltemal so eenvoudig nie. Brian het onthul dat dit 15 minute geneem het om die foto te neem, omdat daar slegs twee van die sesling op ’n slag afgeneem kon word.

Die finale foto is op dieselfde manier as die oorspronklike foto geskep deur al die verskillende foto’s saam te voeg met behulp van Photoshop.

Brian, wat die foto’s met behulp van sy vrou, Janine, geneem het, het aan ABC News gesê dat dit lekker was om weer saam met die familie te werk.

Volgens Brian is die sesling dierbaar en vol liefde en blydskap. Hy sê dat hulle hom net wou drukkies gee.

Bronne: huffingtonpost.com, abcnews.go.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Orlando-slagting: Dit is wat ons van die massamoordenaar weet

Oscar Pistorius word vandag gevonnis

Hoe goed ken jy jou dierverwante idiome?

Vroue glo dubbel so angstig as mans