Dit is Maandag net mooi ’n jaar gelede wat die Springbokspeler Bismarck du Plessis en sy pragtige vrou, Anja, mekaar die jawoord gegee het. Anja het Maandagoggend die groot mylpaal op Instagram gedeel. “Vandag ’n jaar terug het ek wakker geword met ’n hart vol opwinding vir die lewe wat voorlê saam met jou!” skryf sy.

Vandag n jaar terug het ek wakker geword met n hart vol opwinding vir die lewe wat voorle saam met jou!

A photo posted by anjaduplessis (@anjaduplessis2) on
  Bismarck, wat deesdae vir Montpellier Hérault Rugby in Frankryk speel, en Anja is verlede jaar in Clarens in die Vrystaat getroud. Hulle het intussen die trotse ouers van die oulikste tweeling-seuntjies, Francois en Gidéon, geword. Dié twee bulletjies is in Augustus gebore.
  Die gesinnetjie kuier op die oomblik in Suid-Afrika by Bismarck se ouers op hulle plaas buite Bethlehem. Die gelukkige paartjie is wel tans op ’n romantiese wegbreek om hul spesiale herdenking te vier. Anja het destyds ’n rok gedra wat deur Anel Botha Couture ontwerp is. Die die bostuk was van kant en kristalle en het ’n lang sleep gehad.

My dream dress by the most talented @anelbothac

A photo posted by anjaduplessis (@anjaduplessis2) on

  Intussen lyk dit of die paartjie die lewe in Frankryk baie geniet. Bismarck se ma, Jo-Helen du Plessis, het ’n paar weke gelede vir hulle gaan kuier.

Montpellier

A photo posted by anjaduplessis (@anjaduplessis2) on

  Kyk net hoe romanties!

Verlange so diep soos my hartkamers se gange ?

A photo posted by anjaduplessis (@anjaduplessis2) on

  Anja en Bismarck maak duidelik die meeste van hul tyd in Frankryk.

Want Parys het n toring!

A photo posted by anjaduplessis (@anjaduplessis2) on

  Mmmm! Anja eet lekker roomys!

Roomys want die son skyn en somer lê en loer!

A photo posted by anjaduplessis (@anjaduplessis2) on

  Parys lê die paartjie duidelik na aan die hart.

It was a good day in Paris

A photo posted by anjaduplessis (@anjaduplessis2) on