In ’n koddige video waaroor die kuberruim gaande is, dans Luis Antonio Caballero (58) met die brak asof niemand kyk nie.

Maar iemand hét gekyk! Luis se vrou, Gabriela, het Luis, bestuurder by PetShop Perrito Feliz, ’n “skoonheidsalon” vir troeteldiere in Buenos Aires, Argentinië, skelm afgeneem terwyl hy op die maat van The B-52’s se Love Shack skoffel.

Lees ook: Dié oulike video van ’n hond wat tog te graag met ’n katjie wil speel gaan jou dag maak!

Hy het gedink sy het gaan tee maak, terwyl sy sekerlik gedink het hy was net die troeteldiere en sny hul hare . . .

Die oorspronklike video van die bebrilde Argentyn en sy dansmaat is al meer as 5,1 miljoen keer op Facebook gekyk en duisende kere gedeel.

Kyk die oulike video hier. Dit sal jou dag maak.

Bronne: Daily Mail en Bored Panda