Die blonde skoonheid is tans in ’n verhouding met die kletsrymer Chad Da Don en die duifies koer omtrent in die sosiale netwerk Instagram. Spa-dae, oefensessies, wafels en roomysafsprake . . . Die twee geniet dit duidelik om tyd met mekaar deur te bring en hulle is avontuurlustig verby. Hulle het al saam gaan duik met haaie.
Chad is bekend vir sy liedjies Hola, en Wasted (met Locnville). Die Pretorianer se regte naam is Donovan Chad Mansoor. Hy en Samantha, ’n Kapenaar, het in November 2014 ’n verhouding aangeknoop.
Hulle was sowat ’n jaar vriende voor hulle ’n verhouding aangeknoop het, het Samantha in 2015 aan ons vertel. En hulle is duidelik nog smoorverlief. Te oulik!

- Lara Atson

Ander stories op Huisgenoot.com

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Zephany Nurse se grootmaakma skuldig

Tokai-moord: Nóg klagtes kom moontlik teen Franziska-verdagtes

Vrou in Zephany Nurse-saak skuldig

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

‘Liefie’ hier en ‘skattie’ daar: Basta met troetelname op kantoor sê vroue