Sangeres, danskampioen, ma . . . en nou modeontwerper! 

Die gewilde Afrikaanse sangeres het in die sosiale media onthul sy het nou haar eie klerereeks, die KVJ Collection. Die eerste item, ’n T-hemp, kan reeds bestel word.

Karlien sal van nou af elke maand ’n nuwe item beskikbaar stel. Elke item sal ’n versamelstuk wees en nie weer beskikbaar gemaak word nie, vertel sy. "Die volgende item gaan ’n laprugsak vir meisies wees. Dit sal volgende maand beskikbaar wees," sê sy.

Haar aanhangers het gejubel oor die nuus. Sommige wou op Instagram weet of die T-hemp ook vir mans is. "Die hemp is ook vir mans," het sy bevestig. "Ek oorweeg ’n mansreeks. Maar dit sal eers later kom. Ek konsentreer vir eers op meisies en vroue," het Karlien bygevoeg.

Karlien is omtrent bedrywig! Sy het ook onlangs haar nuwe musiekvideo, Dans in die Reën uitgereik. Kyk die video hier:

Intussen maak sy ook reg vir die koms van haar en haar man, die oud-rugbyspeler Joe Breytenbach, se eersteling. Sy is reeds die ma van ’n skattige tweeling, die driejarige Daniël en Eliah, by haar eksman, Derick Hougaard.

Partners in crime today???? #needtowashmyhair ????

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

En Karlien se magie groei omtrent. Ons kan nie wag om die kleinding te ontmoet nie!

Last night. Lief vir julle susters??

A post shared by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on