Só glo Lorin Leuci van Roodepoort wat haar hond, Lu Beagle, na 200 dae van ’n gesoek en ’n verlang opgespoor het.

[caption id="attachment_118332" align="alignnone" width="600"]Lu Beagle se eerste drukkie by sy "ma", Lorin Leuci. Foto: Kerry Booysen, Pawgeous Lu Beagle se eerste drukkie by sy "ma", Lorin Leuci. Foto: Kerry Booysen, Pawgeous[/caption]

“Ek het geen woorde om die dankbaarheid en liefde wat deur my hart bars uit te druk vir almal wat nooit opgegee het op Lu nie,” het Lorin op Facebook geskryf pas nadat sy hom gevind het.

Die stertswaaiende Lu is verlede week Woensdag met sy eienaar herenig nadat ’n Facebook inskrywing deur die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Roodepoort gedeel is. Een van Lu se aanhangers, Kerry Booysen, wat die storie gevolg het van die verlore Beagle, het dit gesien en Lorin daarvan in kennis gestel.

Lorin vertel dat hulle onmiddellik die strate begin fynkam het toe Lu op 31 Julie 2015 verdwyn het. Plakkate is opgesit wat hom as vermis aanmeld het, nabygeleë veeartse en dierebeskermsingsverenigings is gekontak en sosiale media is ingespan om mense te vra of hulle vir Lu Beagle gesien het.

’n Facebook-groep “Operation bring Lu Beagle back” is ook gestig om mense bewus te maak van die verlore hond. Hulle het ’n beloning van R2000 uitgeloof wat later opgestoot is tot R5000.

Lorin het selfs alternatiewe moontlikhede oorweeg en iemand geraadpleeg wat met diere kan kommunikeer, maar ook dit het geen vrugte afgewerp nie.

Na verskeie leidrade van mense wat hulle opgevolg het, maar tot niks gelei het nie, het die soektog einde 2015 begin afneem. Maar in die nuwe jaar is nuwe plakkate op sosiale media gedeel en op 16 Februarie het Kerry vir Lorin laat weet van die Beagle wat deur die DBV in Roodepoort gekry is.

[caption id="attachment_118333" align="alignnone" width="600"]Die maande lange soektog is verby! Lu Beagle is hier op pad huis toe. Foto: Kerry Booysen Die maande lange soektog is verby! Lu Beagle is hier op pad huis toe. Foto: Kerry Booysen[/caption]

“Dit was onwerklik. Daar was ons Lu, met sy swaaiende stert en ’n kyk asof hy ons verwag het. Dolle drukkies, gille van geluk en trane van die grootste vreugde.”

[caption id="attachment_118334" align="alignnone" width="600"]Lu Beagle saam met sy "familie", Gary Leuci (links), Lorin Leuci (middel) en Branwen Gallegher is saam met hom. Foto: Kerry Booysen, Pawgeous Lu Beagle saam met sy "familie", Gary Leuci (links), Lorin Leuci (middel) en Branwen Gallegher is saam met hom. Foto: Kerry Booysen, Pawgeous[/caption]

Dit het uiteindelik aan die lig gekom dat Lu al die tyd deur mense ingeneem is wat nie te ver van Lorin af woon nie. Hulle het ’n ruk terug gelede weggetrek en vir Lu alleen daar gelos. Die buurman, Sassie Schutte, het die DBV in kennis gestel en so is Lu Beagle herenig met sy mense.

“Lu het ons gewys wat deursettingsvermoë en geloof beteken. Moet nooit opgee nie.”

Kyk na die hartroerende oomblik waar Lorin en Lu Beagle herenig is

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Meer koffie kan alkoholverwante lewerskade teenwerk

Kyk: Joost sê dankie vir lesers se pragtige boodskappe met spesiale foto van hom en sy kinders

Bekoorlike ‘Cabbage Patch Kids’ keer terug