Motoriste word reeds vermaan om Witkoppen- en Regentstraat te vermy omdat die laagwaterbrug oorstroom het.

Die brug, alhoewel nog met water bedek, is intussen oopgestel maar verkeer beweeg nog steeds teen ’n slakkegang in die omgewing.
Wees ook bedag op rommel wat saam met die vloedwaters op roetes kan beland.
Volgens eNuus is die verkeer in Braamfontein reeds vanaf 15:00 buffer teen buffer. Lê ekstra geduld aan die dag sou jy op die roete bevind.
Van Beek-straat in die sentrale sakekern van Johannesburg is plek-plek ook reeds kniediep onder die water.
Woodmead-rylaan naby Makro is ook toe onder die water.
Enkele voertuie naby Lonehill.
Vandag lyk die kans hier op waterpolo aansienlik beter as dié op rugby.

Veiligheidswenke deur Arrive Alive 1. Jy gaan nie altyd betyds die vloed hoor of sien aankom nie. Wees dus ekstra waaksaam as jy jouself in ’n gebied bevind waar kitsvloede voorkom. 2. Memoriseer noodnommers. In hierdie geval 082-911. 3. Vermy laagliggende gebiede. 4. Moenie deur vloedwater loop of ry nie. 5. Sou jy onverhoeds in jou motor deur ’n kitsvloed betrap word, moet jy jou motor onmiddellik verlaat. Maak die venster oop om te ontsnap.