[caption id="attachment_172609" align="alignnone" width="348"]The woman’s face was blackened by the fire from the mini explosion in her ears. Photo: ATSB The woman's face was blackened by the fire from the mini explosion in her ears.
Photo: ATSB[/caption]

Twee ure nadat die vliegtuig uit Beijing na Australië vertrek het, het die onbekende vrou musiek geluister toe sy ’n harde ontploffing in haar ore hoor. In ’n verklaring van die Australiese buro vir vervoerveiligheid (ATSB), sê sy: “Toe ek omdraai, het ek my gesig voel brand. Ek het na my gesig gegryp, wat veroorsaak het dat die oorfone om my nek draai.”

Sy sê sy die brandgevoel het aangehou, toe gryp sy die oorfone en gooi hulle op die vloer. Dit is toe dat sy sien daar skiet vonke en klein vlamme uit.

flightburears

“Toe ek met my voet daarop wou trap, was die vlugkelners reeds daar met ’n emmer water om daarop te gooi. Hulle het die oorfone in die emmer agter in die vliegtuig gesit,” het sy vertel.

Die batterygedrewe oorfone het glo in die vliegtuig se vloer vasgesmelt nadat die vlugkelners die klein brand geblus het.

Die Australiese vrou het brandwonde aan haar hande en swart merke aan haar gesig gehad weens die vlamme wat aan haar ore gelek het.

[caption id="attachment_172610" align="alignnone" width="306"]flightburnears2 The woman also suffered burns to her hands. Photo: ATSB[/caption]

Volgens die vrou was die brandreuk so sterk dat ander passasiers die res van die vlug gehoes en geproes het.

Die voorval het die ATSB opnuut besorg gemaak. Hulle het herhaal passasiers moet batteryaangedrewe toestelle korrek bêre en spaartoestelle hou in bagasie wat hulle saam met hulle in die vliegtuig dra eerder as in die bagasieruim.

Hulle het bygevoeg: “As ’n passasier ’n batterygedrewe toestel op ’n vlug verloor, moet hulle die kajuitpersoneel dadelik in kennis stel.”

Die handelsmerk van die oorfone is nog nie bevestig nie.

Bron: Buzzfeed, ATSB