Dit is later gewysig tot 7.8.

Die middelpunt van die aarbweing was volgens die opnamekantoor sowat 95 km vanaf Christchurch, berig die BBC.

Aanvanklik is geen tsoenami-waarskuwing uitgereik nie, maar dit is later gewysig. ’n Ministeriële woordvoerder het gewaarsku die tsoenami kan "binnekort" die oostelike kus van die noordelike eiland tref.

Inwoners is gemaan om dadelik weg van die kusgebiede na die binneland te beweeg. "Die eerste brander gaan nie noodwendig die grootste wees nie," het die woordvoerder gewaarsku. Hy het bygevoeg dat tsoenami-aktiwiteit vir ’n geruime tyd gaan voortduur. Intussen is die oomblik wat die aardbewing kort na middernag getref het, deur verskeie inwoners op video vasgevang.

Dis nog onduidelik hoeveel skade die aarbewing aan geboue en paaie aangerig het, maar minstens een inwoner was erg ontstoke oor die groot hoeveelheid wyn wat in die slag gebly het.
Nog 'n inwoner het hierdie foto gedeel:
Volgens The Herald kon die skudding so ver as Wellington gevoel word. Hier is nog foto's van die skade wat die aardbewing aangerig het: