Die Chinese publikasie People Daily het dié video wat gister (Maandag) geneem is, op hul webtuiste gedeel.

In die video kan gesien word hoe die bestuurder by ’n verkeerslig wegtrek, die kajuit agter oopspring en die kleuter uittuimel. Soos wat die stasiewa verder ry, kan gesien word hoe die arme kind beneweld agter die bewegende motor aandrentel.

Volgens Mail Online het die bestuurder agter die stasiewa dadelik stilgehou en die kind te hulp gesnel en terugbesorg aan sy oupa, Yang Defu, wat die motor bestuur het.

Volgens Yang kon die deur nie behoorlik toemaak nie weens ’n vorige ongeluk.

Die kind is nie beseer nie.

Bronne: People Daily; Mail Online

Ander stories op Huisgenoot.com

Jy sal nie glo hoe 7de Laan se Bart deesdae in Amerikaanse reeks lyk nie

‘Bid asseblief,’ pleit ma van vierjarige wat om sy lewe veg

Dapper vrou red haar man met geweld uit krokodil se kake

Moet ek my baas in sosiale media bevriend? Hier’s wenke oor aanlyn etiket