Het jy al die storie gehoor van die spinnekop wat die laserliggie gejaag het? Of die een van die skilpad wat ’n radiobeheerde motor agternagesit het?

Dis nie stories nie; dis die waarheid. En hier is die bewys. Verskeie videogrepe is saamgevoeg om jou ’n paar minute lank van al die nare dinge daar buite te laat vergeet.

Kyk ook: Hond word heerlik deur sneeubal gefnuik

Wat kan dan nou ouliker wees as ’n klomp oerangoetang-kleingoed in ’n kruiwa? Of ’n beer wat ewe plesierig die hond natspuit?

Elkeen van dié videogrepe deel ’n kinkel in ’n bekende situasie. Kyk net na die hond wat luilekker op sy rug lê terwyl sy bonkige lyf met ’n stofsuier masseer word, en ’n logge kat in die wasbak wat jou baie duidelik laat verstaan dis eintlik hoe die hemel sal wees.

Maar wag, sit terug en geniet die video saam met ons.

Ook op huisgenoot.com

Heldhaftige bulterriër red SA vrou van kobra

Video: Ongelooflike oomblik toe sirkusleeus vryheid in SA tuiste ervaar

Ly jou hond dalk aan depressie?

Dié kat neem beter selfies as jy

Video: Hondjie klap saam op sy gunsteling-liedjie