Ontmoet vir Ludwik, die feitlik haarlose marmot en fantastiese Instagram-model.

A photo posted by @ludwik_guinea_pig on

Hoewel die meeste marmotjies maar net daarvan kan droom om supersterre in sosiale media te word en ’n weelderige lewe te lei, het dié Poolse marmot dit reggekry!

A photo posted by @ludwik_guinea_pig on
Sy lewe was egter nie altyd die ene sonskyn en filtreerders nie. Ludwik, wat ’n spesiale, haarlose marmot, genaamd ’n “skinny pig” is, was in ’n verskriklike toestand toe sy eienares, Agatha Nowakca, hom in ’n troeteldierwinkel gevind het.

A photo posted by @ludwik_guinea_pig on

“Toe ek hom vir die eerste keer in daardie troeteldierwinkel gesien het, was hy so swak en so maer,” sê Agatha. “Hy het beslis nie soos die mollige Ludwik op die Instagram-foto’s gelyk nie.” Lees ook: Fotograaf praat oor die oomblik toe leeus sy GoPro-kamera steel en selfies begin neem! Volgens Angela, ’n student van Warskou , het hy longontsteking, ’n swamagtige infeksie en bindvliesontsteking gehad, en het dit ongeveer ses maande geduur voor hy genees is.

A photo posted by @ludwik_guinea_pig on

Noudat hy heeltemal beter is, floreer Ludwik as model op Instagram, waar hy sy passies vertoon: gesonde peuselgoed, slapies, en, hmm, juweliersware. "Dit lyk asof hy sy fotosessie geniet, en soms raak hy sommer aan die slaap, so ek dink hy voel baie gemaklik,” het Agata aan The Dodo vertel.

A photo posted by @ludwik_guinea_pig on

Lees ook: Chi Chi kan weer hardloop ná sy gemartel is ‘om haar vleis sag te maak’

A photo posted by @ludwik_guinea_pig on

Uitgeknip vir die kamera, kry Ludwik dit boonop reg om liggaamlike positiwiteit te deel deur middel van die byskrifte wat hy “kies”, soos byvoorbeeld “skoonheid begin die oomblik wanneer jy besluit om jouself te wees” en “hoekom inpas as jy gebore is om te uit te staan.”

A photo posted by @ludwik_guinea_pig on

Bronne: The Dodo, The Metro, People Pets

Ander stories op Huisgenoot.com:

Pedro Kruger: ‘Jongmense hoef nie dieselfde foute as ek te maak nie’

Michael Jackson se ‘finansiële roekeloosheid’ kom sy kinders duur te staan

Eers Boston, toe Parys, nou Brussel: Man oorleef glo al drie aanvalle

Diana se dood 20 jaar gelede met nuwe gedenktuin gevier