Dit het glo Saterdag plaasgevind.

Die tonele wat op video vasgelê is, bevat byna al die elemente van ’n uiters-afgeskaalde weergawe van die wetenskapsfiksie-fliek Transformers.

Maar dis waar die ooreekoms eindig. Die manne in beheer van die verskillende monstermasjiene het behoorlik bedoel om mekaar se toerusting te vernietig. Hulle span die voertuie se laaibakke soos ’n krap se knypers in om met brute krag die geskil te probeer besleg.

Lees ook: Vreemde prosessie op N2 laat motoriste verstom rubbernek!

Die klank van metaal teen metaal, kragtige enjins wat brul, rookwolke wat die lug ingestuur word en ontwykende maneuvers deur die bestuurders herinner sterk aan ’n vernietigingsderby (bekend as ’n ‘demolition derby’).

Dis juis tydens een van die vermydingsmaneuvers waar die een vurkhyser sy opponent aan die sykant tref en dit laat kantel. Kort voor lank maak nog vurkhysers hul verskyning uit die skadu’s. Volgens wat berig word, was minstens ses vurkhysers by die onderonsie betrokke.

Lees ook: Toeriste laat spaander toe boot hawemuur tref

’n Hulpvaardige bondgenoot in die vorm van ’n stootskraper slaag daarin om die gevalle vurkhyser kortliks weer op te help terwyl die operateur van die “slagoffer” vinnig uitspring en na sy redder se kajuit vlug.

Maar wat het tot hierdie fiasko in ’n stowwerige straat op ’n sonnige dag in Xingtang aanleiding gegee?

Daar word beweer twee kompeterende maatskappye het in die metaalstryd betrokke geraak omdat die konstruksiebedryf en verbandhoudende bedrywe in China slegte tye beleef. Afleggings in die staal-, glas- en sementbedryf word erg hierdeur geraak en die kompetisie om kontrakte te bekom, is geweldig sterk.

Bronne: news.sky.com, globaltimes.com.cn, youtube.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dis wanneer Oscar Pistorius gevonnis gaan word

Gewese Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Nadia Beukes gesels oor spesiale oomblikke en drome met haar David

Kyk: Ouma Trys se histeriese kennismaking met Face Swap

Die wonderlike rol waarop Sean Else die trotste is

Kan jy dit glo? Hierdie ma het vyf vreemdelinge haar baba laat borsvoed!

Zetske en Altus deel goeie nuus, maar wat gaan 7de Laan se Oubaas hieroor te sê hê?