Dierekenners het al genoegsame bewyse ingesamel dat olifante – nes mense – huil as hulle emosioneel of hartseer is. In die foto’s van Yani wat die wêreld aangegryp het, lê sy op ’n vuil vloer terwyl dieretuinpersoneel probeer om haar te voer.

Sy is egter in die middernagtelike ure van 11 Mei in haar slaap oorlede.

Yani was die grootste deel van haar lewe in ’n hok aangehou in die Bandoeng-dieretuin is Wes-Java, Indonesië.

’n Week voor haar dood het personeel opgelet sy is siek, maar die dieretuin het al glo vir meer as ’n jaar nie ’n veearts wat voltyds na die diere omsien nie. Die oorsaak van haar dood is nog nie bepaal nie. Bewaringsagentskappe kritiseer die dieretuin dat hulle nie genoeg gedoen het om Yani se lewe te red nie. “Om ’n veearts op die perseel te hê, is ’n moet,” het Sylvana Ratna, hoof van die Wes-Java Natuurbewaringsagentskap gesê. In reaksie op Yani se dood het die burgemeester van Bandoeng, Ridwan Kamil, gesê as dieretuine finansieël sukkel, moet hulle om hulp vra. Ridwan het Yani kort voor haar dood besoek en foto’s op Instagram gedeel waar hy haar versorg.

A photo posted by @ridwankamil on

Daar is wêreldwyd net sowat 2 400 tot 2 800 Soematraanse olifante oor. Dié olifante kan tot 75 jaar oud word in aanhouding mits daar behoorlik na hulle omgesien word.

A photo posted by @ridwankamil on

Bronne: Instagram; Metro; The Sun

Lees ook op Huisgenoot.com:

Heftige Inge Lotz-debat ontketen sleutelvraag: Het haar eertydse kêrel haar vermoor?

En daar ontaard Riaan Cruywagen in ’n kranige worsrolbakker!

Dié spiertier spog hy gebruik al steroïede van hy 18 was

Hierdie is die een item wat jy MOET verseker maar nooit doen nie