Toe Kayley Bettany ’n uitstappie na die Colchester dieretuin in Engeland neem, het sy nie verwag om hierdie ongelooflik (en uiters seldsame) ervaringe te hê nie.

In ’n video wat haar man, Kieran, geneem het tydens hulle uitstappie, staan ’n hoogswanger Kayley met haar bababoep teen die glasruit waaragter die oerangoetang is.

Lees ook: Baba-gorilla speel wegkruipertjie met kleuter in oulike video

Eensklaps is die mamma se magie al waarop die gedierte kan fokus. Soos wat Kayley nader aan die ruit beweeg, raak die dier emosioneel oor die wonderwerkie in haar maag.

Hy is so betower, hy probeer deur die ruit haar magie vryf en op ’n kol probeer hy ook haar magie soen.

“Sjoe, hy het selfs gehuil,” het Kieran by die video, wat hy op Facebook gedeel het, geskryf.

Lees ook: Hamsters geniet ’n romantiese Valentynsete in oulike video

In ’n aparte Facebook-inskrywing op die dieretuin se blad, staan Rajang, die emosionele oerangoetang, was nog altyd ’n nuuskierige agie. “Hy is lief vir mense se naeltjies, littekens en natuurlik hul bababoepies!

“Sy nuuskierigheid beteken hy hou van interaksie met besoekers, veral besoekers wat verwagtend is,” skryf hulle.

Kyk hier na die mooi video:

Bronne: hollywoodlife.com, Facebook, littlethings.com, huffingtonpost.co.uk