Daar’s dom en dan’s daar geheel en al oerdom. Hierdie meisie se poging om snaaks te wees val gewis in die laaste kategorie.

Onlangs het ’n nuwe gier aanlyn ontwikkel waar mense ’n mielie van ’n stronk afgeëet. Dit op sigswelwers is egter nie die probleem nie, veral nie onder ons Suid-Afrikaners wat redelik gek daaroor is nie. Dinge kan gruwelik skeefloop as jy ’n gevaarlike kragtoestel – soos ’n elektriese boor byvoorbeeld – aan die ander kant van die stronk inboor.

Die hele gier het afgeskop waarskynlik nadat hierdie knaap dit eertse probeer het:

Hoewel dinge vir hom redelik glad verloop het, was almal nie so gelukkig nie.

Die hoë-spoed mielie-eetkaskenades laat nie net tandartse na hul hart gryp nie. Een verkeerde beweging en jou pragtige glimlag verdwyn immers soos mieliepitte voor die son.

Daar is nog ’n verdere risiko aan dié eksperiment verbonde: lang hare.

Terwyl sy glimlaggend die mielie trotseer, word haar pragtige lang hare in die draaibeweging vasgevang. Dit gebeur teen so ’n spoed dat sy eers mooitjies besef wat aangaan as sy skielik haar ‘bielie van ’n mielie se moses’ teëkom.

Haar gesig vertrek van pyn en verstomming; toe volg die verdwaasdheid nadat sy ontdek daar’s van haar hare wat nie meer op haar kopvel is nie.

Maar wag, kyk self en vra jouself af of jy ooit só ’n onnosele ding sou aanvang.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Kyk die wonderlike oomblik toe blinde vrou ná 21 jaar weer kan sien

Vriende gebruik oorlede vriend se as as aas – en vang ’n wenner

Eina! Ma breek eie dogter se been meer as 300 keer om te keer dat dit afgesit word

Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’

Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte