Die skrywer, regisseur en vervaardiger Regardt van den Bergh se nuwe Suid-Afrikaanse film, Uitvlucht, word op 13 Mei 2016 landswyd uitgereik en nou kan jy 'n voorsmakie hiervan kry:

Uitvlucht vertel die verhaal van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n konserwatiewe middelkasvrou wat met vuur speel en alles wat saak maak in haar lewe verloor. Tydens haar reis om self-ontdekking en vergifnis, kry sy werk by ’n plaasskooltjie met die naam ‘Uitvlucht’.

Lees ook: Kyk hoe ‘grênd’ is Getroud met Rugby se nuwe stel

Stelselmatig begin sy herstel en besluit om die lewe weer vierkant in die oë te kyk en ontmoet in die proses ’n saggeaarde, alleenloper-boer, Dok (Stian Bam) wat haar bevriend en haar weer in haarself laat glo.

Akteurs soos Jill Levenberg, Oscar Peterson, Lika Berning, Clyde Berning, Margot Luyt en Carel Trichardt verskyn ook in die fliek.

“Die storie oor die ontsagwekkende grootheid van God se genade in die lewe van ’n gewone sondaar, en ook oor die bruin gemeenskappe op plase se stryd om ’n behoudend te lewe te leef.

“Dis ’n storie van hoop in ’n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin . . . ”

Lees ook: Goeie nuus vir Modder en Bloed-akteur Stian Bam

“Ek is baie opgewonde oor Uitvlucht, hierdie fliek is uit die hart. Die kindertjies is Hollywood-sterre! Of mens kan net sê, hulle is almal filmsterre,” sê Regardt.

“Daar is 48 kinders wat almal deel van die filmmaak was. Hulle lewendigheid en spontaneïteit was so aansteeklik en inspirerend. Dit was ’n vreugde om in ’n werklike klassituasie hulle spontaneïteit en interaksies te skiet.”

Ander stories op Huisgenoot.com:

Derick se roerende brief aan Joost

Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite

Vir Altyd verskuif grense ná hul meeste geld nog vir Afrikaanse fliek verdien

Desiré Gardner omtower in ‘vurige, borrelende blondine’ én deel wonderlike nuus!

Kyk: Wat sou Altus Theart en sy medespelers gedoen het as die akteursgogga nie gebyt het nie?