[caption id="attachment_161947" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

Recue Care-paramedikus Garrith Jamieson het vertel hulle het rondom 06:00 ’n noodoproep ontvang dat ’n taxi in Comtonweg in vlamme uitgebars het.

"Die taxi het op een of ander manier aan die brand geslaan," sê Jamieson.

Al die pendelaars kon daarin slaag om ongedeërd uit die voertuig te ontsnap en weg te rol toe die taxi brandend in die gebou inploeg.

Brandweermanne van Pinetown het die brand geblus.

’n Ondersoek is van stapel gestuur om te bepaal wat gebeur het.

Dit is nog nie duidelik hoeveel passasiers in die taxi was nie, want teen die tyd dat noodpersoneel op die toneel aangekom het, was daar ’n reuse-skare rondom die wrak.

Bron: News24