Tydens die byeenkoms in Forde, Noorweë het hy ’n allemintige 352 kg bo sy kop gelig. En drie goue medaljes verower.

Vier jaar gelede was hy die junior wêreldkampioen wat boonop ’n wêreldrekord opgestel het toe hy 154 kg opgeraap het.
Op 18 April vanjaar het opwinding hoogty gevier toe die Armeense span gewigoptellers hul tasse vir Rio sou pak.
Kyk: Franse gimnas breek sy been ná afgryslike val by Olimpiese Spele Sy ondersteuners het geglo Andranik gaan nie net daardie gewigte roer nie; hy sou minstens met ’n medalje van die Olimpiese Spele terugkeer.
Op 10 Augustus het hy van meet af aan beïndruk toe hy 170 kg opraap. Die kans op ’n medalje het gewink. Maar ’n gruwelike streep van die noodlot het hom getref toe hy begin om met sy tweede poging 195 kg bo sy kop uit te stoot. Sy linkerelmboog het geknak. Sy voorarm het na agter gebuig en hy het beheer oor die stang verloor.
Sy gesig het in pyn vertrek terwyl hy sy beseerde elmboog vashou en gebukkend van die vloer afstap. Binne ’n oogwink was sy Olimpiese droom aan skerwe.

’n Ontroosbare Andranik is per ambulans na ’n hospitaal gebring. In hierdie stadium is dit nog nie seker hoe ernstig die besering sy loopbaan gaan beïnvloed nie.

Nijat Rahimov van Kazachstan het gewen, Lu Xiaojun van China was tweede en Mohamed Ihab Youssef van Egipte derde.

So is Andranik se gewigoptelpoging kortgeknip. Waarskuwing: Dit kan sensitiewe kykers ontstel.

Bronne: allthingsgym.com, oratert.com, dailymail.co.uk