In die 70’s en 80’s was daar die Roemeen, Ilie “Nasty” Nastase wat met sy vurige uitbarstings aansienlike kleur aan tennis verskaf het. John McEnroe was net so kwasterig en rakette het gereeld gevlieg, eerder as tennisballe.

Jimmy Connors was nog ’n vuurvreter wat gereeld woedend op skeidsregters en lynregters afgestorm het.

Ilie was by tye die nar, die verontregde speler, en nooit vervelig nie.

John McEnroe se aanskoulikste uitbarsting het in 1984 plaasgevind.

Na die drietal het die tennistemperament oor die algemeen effens bedaar, en vir sommige selfs vervelig geword. Die beheerste spel van topspelers en hul meganiese presisie het die spel ’n nuwe, netjiese baadjie gegee.

Die afgelope paar jaar was dit weer die oënskynlik-bedorwe Aussie, Nick Kyrgios, wat geniepsig te werk gaan en woeligheid op, en ook van die baan af, veroorsaak.

Maar tydens Wimbledon 2016 was daar ’n meesterlike uitbarsting deur die opvlieënde Viktor Troicki, overgesetsynde een van die grootste vloermoere wat die tenniswêreld in ’n lang tyd gesien het.

Die speler, nommer 25 op die ranglys, het die skeidsregter allerhande beledigings toegesnou nadat hy ’n beslissing deur die lynregter verander het.

Viktor se teenstander, Albert Ramos-Viñolas het die gedoente betreklik geamuseerd gadegeslaan en as wenner van die wedstryd en baangedrag uit die stryd getree.

Viktor het nie die wedstryd op ’n baie onelegante wyse verloor nie, maar sal in alle waarskynlikheid ook ’n hele paar Britse pond verloor. Daar word voorsien dat hy ’n boete vir sy uitbarsting opgelê gaan word.

Soos Today News dit opsom: Dit was “game, set . . . meltdown.

Maar wag, kyk self. Wees gewaarsku, kru taal kan gehoor word.