Die Top Billing-aanbieder Jo-Ann Strauss is swanger met haar tweede kind.

Die sakevrou en voormalige Mej. Suid-Afrika het so pas die nuus op haar Facebook en Instagram-blad gebreek.

‘‘Hier gaan ons alweer. Ons verwelkom volgende jaar nog ’n mensie in ons gesin. Ek waardeer al die mooi wense van diegene wat gesien het dat my middel groei,’’ het sy laat hoor.

Jo-Ann en haar man, Michael Held, ’n Duitse ortopediese chirurg, se eersteling, ’n seuntjie, is nou twee jaar oud.

Veels geluk julle twee!