Verlede jaar het hulle aanhangers betower toe Karen Zoid en Kahn Morbee die Parlotones se liedjie Colourful op Karen se Republiek van Zoid Afrika gesing het.

Just wrote a song with @kahnmorbee backstage @voicesa

A photo posted by Karen Zoid (@karen_zoid) on

Dit het vinnig die nommer-een-posisie gehaal op die Suid-Afrikaanse iTunes-ranglys. Eersdaags gaan hulle moontlik saam ’n oorspronklike liedjie op aan die bopunt van die treffersparade hê.

“Karen Zoid just wrote a song with @kahnmorbee backstage @voicesa" kondig Karen aan op haar Intagram-blad. Daar is in hierdie stadium min inligting beskikbaar oor die liedjie en oor wanneer hulle beplan om dit op te neem.

Mens kan wel ’n paar woorde van die liedjie se handgekrewe lirieke uitmaak: “. . . there Jokers making . . . Jesters singing . . . sublime . . . making the rules . . .”

Ons kan nie wag om te hoor hoe klink dit nie!

Sy weet nie veel van hierdie liedjie nie, sê Ingrid Engelbrecht, woordvoerder van M-Net, die kanaal waarop The Voice South Africa gewys word.

In gisteraand se episode is gewys hoe die verskillende spanne se deelnemers hul eie liedjies moes skryf en vir die Suid-Afrikaanse troebadoer, Matthew Mole, moet sing. Hy het Team Bobby (van Jaarsveld) – Austin Lurring, Vernon Barnard, Gavin Edwards – se liedjie gekies as die beste.

Ongelukkig is hierdie liedjie nog nie beskikbaar vir ons ore nie.

Wat wel opwindend is, is dat al die weergawes van die bekende liedjies wat gestraand gesing is, beskikbaar is op iTunes.

Richard Stirton se weergawe van Simon & Garfunkel se The Sound of Silence het oornag die #1-posisie ingeneem op hierdie aanlyn-aflaaidiens en Gavin Edwards se weergawe van die Coldplay-treffer, Fix You, die #3-plek.

Die hele album met al die deelnemers se weergawes het #6 behaal, vertel Ingrid.

Aanhangers kan net nog tot Donderdagaand 22:00 stem vir hul gunsteling om as die algehele wenner aangewys te word.

Die oorblywende top-8 is:

  • Almur Marais (25), die passer-en-draaier van Stilfontein;
  • Vernon Barnard (22), die blinde sanger van die Strand;
  • Clemour Ngobeni (24) ’n student aan die Universiteit van Johannesburg;
  • Jeremy Olivier (40), ’n gesinsman van Kaapstad;
  • Thembeka Mnguni (32), die diva van from Durban;
  • Zoe Modiga (22); oorspronklik van Pietermaritzburg en nou ’n student in Kaapstad; Richard Stirton (22); die superkoel blondekop van Kaapstad;
  • Gavin Edwards (37); ’n gevestigde rocker van Johannesburg.

Lees ook op Huisgenoot.com:

Kovsies maak skokaankondiging rakende hul rektor, prof. Jonathan Jansen

Christopher Panayiotou terug in hof ná nuwe feite glo aan die lig kom

Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek

Voormalige Mej. SA oorleef gru-ongeluk

Heftige Inge Lotz-debat ontketen sleutelvraag: Het haar eertydse kêrel haar vermoor?