Melinda Bam word vandag (Vrydag) 27 en sy word met die een verrassing ná die ander bederf deur haar man, Adriaan Bergh. Die voormalige Mej. Suid-Afrika (2011) het Vrydagoggend by ’n foto van haar en Adriaan, ’n voormalige Mnr. Suid-Afrika (2011), in ’n inskrywing op Instagram geskryf hulle is iewers heen op pad, in ’n raaiselgevulde verrassing vir haar verjaardag.

“@adriaanbergh wat voer jy in jou mou?! #surprise #birthday #something #sneaky,” het sy op Instagram geskryf by ’n foto van hulle twee in ’n motor.

Melinda het aan Huisgenoot gesê Adriaan het “eintlik gisteraand al begin met sy streke en verrassings”.

Lees ook: Ontmoet SA se eerste Mej. Plusgrootte!

Hy het Donderdagaand vir haar ’n Mexikaanse partytjie gereël en haar familie was by.

“Adriaan ken my so goed. Soos gisteraand se partytjie; hy weet hoe belangrik familie vir my is. Dis wonderlik om alles saam met familie te doen.”

Lees ook: Mej. SA se chaperone ‘Mama J’ praat oor haar rol aan die sy van dié glansvroue

Vandag bederf hy die vrou met wie hy in November 2014 getroud is, met ’n dag by ’n spa op Magaliesburg. “Hy gaan saam met my. Adriaan hou ook van ’n ruggiekrap,” het Melinda laatoggend gesê.

Adriaan word op 22 Mei 29 jaar oud.

Volgende Donderdag, 19 Mei, vlieg die egpaar Mauritius toe. “Dan vier ons verder verjaardag,” het Melinda gesê.

Sy sê Adriaan bederf haar elke dag en voer altyd iets in die mou vir haar verjaardag.

Ander stories op Huisgenoot.com

Verlamde Lindense skoolseun eindelik tuis vyf maande ná duikongeluk

Hierdie groot ballerina vermorsel geykte aannames oor ballet

Dis waar Aimée Pistorius haar deesdae bevind nadat sy SA vaarwel toeroep

Kyk: Dapper negejarige tog te bekkig ná lewensgevaarlike groeisel uit haar brein gesny is

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag