Het jy ook ’n gunsteling vetkryt gehad? Dalk wou jy alles pienk of blou of blou-groen inkleur?

[caption id="attachment_166785" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook/ Crayola Foto: Facebook/ Crayola[/caption]

Die kryt wat “Dandelion” heet, gaan nie meer deel wees van die pakkie van 24 kleure nie. En as jy dalk lank terug ’n pakkie vetkryt onder oë gehad het, Dandelion is een van die geel-skakerings in die pak.

Crayola het dié aankondiging met ’n video op Facebook gemaak.

In die video, vertel die animasie-vetkrytkarakter dat hy die wêreld al plat gereis het, maar dat aftrede sy “wildste avontuur nog” gaan wees.

Dit is die eerste keer wat ’n vetkrytkleur “aftree”.

’n Woordvoerder van Crayola het ook aan Huffington Post bevestig dat die kryt se aftrede nie ’n gekkedag-grap is nie.

Op aanhangers se vraag oor watter kleur die Dandelion-kryt gaan vervang, het Crayola op Facebook gesê dat die nuwe kryt-kleur in die komende maande bekend gemaak sal word.

“Ons kan nie al ons geheime verklap nie. Dandelion se plaasvervanger sal in die komende maande bekend gemaak word en ons kan nie wag nie!”

Bronne: Facebook, Huffington Post