Die gesinsman het Vrydag op Instagram aangekondig sy derde pienkvoet is gebore. “Ons is so verlief op die nuwe lid van ons gesin,” het hy geskryf. “Dié klein engel is gisteraand 11:48 gebore en weeg 3.38 kg.”

Hy was omtrent trots op sy vrou. “My vrou was ’n absolute vegter,” sê hy.

Lees ook: Kyk net Mamma se liefling! Bekendes deel kostelike kiekies van hul oulike spruite

“Ons is oorstelp met vreugde,” skryf hy op Twitter.

“Geluk, ons is so gelukkig en geseënd met ons nuwe kleinseun. Hy is so pragtig,” het die kleinding se oupa Jan Vermeiren op Janez se inskrywing gereageer.

Lees ook: Eerste foto van Janez Vermeiren’s se seun Vincent!

Janez se vrou, Juliana Vasconcelos, sê op Instagram die kleinding het “besluit om ’n bietjie vroeg te kom.” “Dankie aan God vir hierdie seëning,” skryf sy.

Janez het ’n 11-jarige seun, Matisse, uit ’n vorige verhouding en hy en Juliana het saam ’n 20 maande oue seun, Vincent.

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk net hoe pragtig vorder dié beeldskone bekendes se swangerskappe!

‘My seun, die hamermoordenaar’: verslae ma maak hart oop

Is Brendan Peyper se dae as enkellopende geskiedenis?

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk