Dié drama word alles gesien in ’n kort voorskou-video van tonele wat 7de Laan vanaf 7 Julie gaan uitsaai. 

“ ’n Jong klomp gaan oor ’n naweek op ’n pretbelaaide wegbreek, dan stort hul vliegtuig neer en is hulle ’n paar dae gestrand,” verklap Rosa-Mari Erasmus, publisiteitbeampte van 7de Laan. 

Sy sê die drama wat voorlê, sal kykers op die punt van hul stoel laat sit. Dis die eerste keer dat 7de Laan tonele weg van hul ateljees in Johannesburg verfilm. 

Kry hier ’n voorsmakie van die aksie wat wag: