[caption id="attachment_161061" align="alignnone" width="600"]Foto: Twitter Foto: Twitter[/caption]

Die beeldskone aktrise van Spider-Man-faam was in Januarie in die nuus te midde van berigte dat haar Fargo-medester die ja-woord gevra het.

Kirsten, wat baie privaat is, het nog nie ’n woord oor die nuus gerep nie, maar sy het die gerugte bevestig ’n paar dae later tydens die modeweek in Parys toe sy haar ring gewys het.

Sy en haar verloofde het Saterdag ’n aandjie uit geniet by die Independent Spirit-toekennings in Santa Monica, Kalifornië waar hulle dolgelukkig vir die kameras geglimlag het by hul tafel. Jesse het met sy arms om Kirsten se skouers gesit.

Kirsten het haar slanke lyfie in ’n swart miniromp en hakskoene met ’n rolhalstoppie en bypassende baadjie gewys, en Jesse was geklee in ’n pak met ’n groen hemp en donkerkleurige das.

Jesse is benoem vir sy werk in Other People, maar Casey Affleck het die toekenning vir beste manlike hoofrol vir Manchester By The Sea gewen. Casey is ook Sondag by die Oscars as beste akteur aangewys.

Daar was darem ook goeie nuus vir die span van Other People, wat vir vier pryse by die Independent Spirit-toekennings benoem is – Molly Shannon het die prys vir beste byspeler gewen.

Jesse (28) en Kirsten (34) is die eerste keer verlede Mei romanties verbind nadat hulle man en vrou in die tweede seisoen van die trefferdramareeks Fargo gespeel het.

Kirsten en haar kêrel van vier jaar, Garrett Hedlund, het toe enkele weke tevore – in April – uitgemaak.

- Cover Media