Die Bulls-speler Jacques Potgieter, wat met die voormalige 7de Laan-aktrise Angelique Gerber getroud is, het ’n mooi verjaardagboodskap vir sy goeie vriend en oudspanmaat Dewald Potgieter op Instagram gedeel.

Dewald, wat op 22 Februarie 30 geword het, is ’n oudkaptein van die Bulls. Hy het ook as losvoorspeler agt toetse vir die Springbokke gespeel. Hy is tans by die Engelse klub Worcester Warriors.

Hy het self ’n unieke verjaardagboodskap op Instagram gedeel.

Volgens Jacques se inskrywing is dié twee Potgieters al 17 jaar vriende.