Nick Carter het vir die eerste keer pa geword. Die voormalige lid van Backstreet Boys en sy vrou, Lauren, het hul seun op Dinsdag 19 April verwelkom.

A photo posted by Nick Carter (@nickcarter) on

Volgens Entertainment Tonight was dit ’n watergeboorte tuis en Odin Reign Carter het sy verskyning gemaak nadat Lauren 30 uur lank in kraam was.

Voorheen het Nick sy aanhangers geterg oor die naam wat hulle vir hul eersteling gekies het. “Dis ’n baie sterk naam,” het die 36-jarige vroeër vandeesmaand onthul. “Ons kan nog nie die naam bekendmaak nie. Ons het een, maar my vrou het my aangesê om dit geheim te hou.”

Volgens die Germaanse mitologie verwys Odin na ’n “wyd geëerde god”.

Lees ook: Nóg ’n glanspaartjie deel wonderlike babanuus

Die egpaar het in Oktober bekendgemaak Lauren verwag, en Nick het daarna tydens ’n verskyning op die Amerikaanse weergawe van Dancing with the Stars gesê: “Ons probeer nou al sowat ’n jaar lank om ’n baba te hê. Dit was in alle eerlikheid stormagtig, en daar is tye dat jy dink dit gaan nie gebeur nie.”

“Ek was al swanger, maar het die baba verloor,” het Lauren bygevoeg. “Dit was vir Nick baie moeilik. Net om te sien hoe opgewonde hy raak en dan hoe hy seerkry, was moeilik.”

Die egpaar het die kleinding se koms verlede maand met ’n ooievaarstee gevier en Nick kon nie uitgepraat raak oor hoe opgewonde Lauren is oor ma-wees nie.

“Ek wil nie stroperig raak nie, maar sy is die rede waarom ek gemaklik gevoel het. Ek het geweet sy sal die volmaakte ma wees,” het Nick aan ET gesê. “Sy sal my kan help om ons kind alles te leer wat hy moet weet.”

Die egpaar is in 2014 getroud.

© Cover Media

Ander stories op Huisgenoot.com

Sterlopers se Willem Botha reg vir 30 en mal oor sy vriende se verspotte verjaardaggeskenk aan hom

Ma pleit om hulp vir siek dogter: ‘Dokters het nie meer antwoorde nie’

Is jy een van die hand vol kreatiewe mense wat dié optiese illusie kan uitpluis?

‘Ons was sulke goeie vriende,’ vertel eienaar van wêreld se oudste hond na dié haar laaste asem uitblaas

Kyk: Skattige prins George het ereplek op koningin Elizabeth se amptelike foto’s vir haar 90ste verjaardag

Hoe goed kan jy Engels praat?