Twee weke gelede is sy getroud met haar skoolliefde, Warren Linden, daarna het sy ’n Ghoema gewen vir die beste popalbum deur ’n vroulike kunstenaar en nou het haar werklikheidstelevisiereeks, Die Bergs, op VIA (DStv-kanaal 147) begin.

In hierdie reeks van 13 episodes volg die kameras die blonde sangeres en die binnekring van haar familie vir ’n intieme kykie na hul drome, loopbane, suksesse en lief en leed.

In vanaand se episode om 21:00 word gekyk hoe die Bergs feesvier.

[caption id="attachment_170147" align="aligncenter" width="600"]Lekker! Tussen die optredes en TV-opnames deur kon Charlize Berg darem ook tyd kry om by die Diaz-waterpark op Mosselbaai te ontspan. Lekker! Tussen die optredes en TV-opnames deur kon Charlize Berg darem ook tyd kry om by die Diaz-waterpark op Mosselbaai te ontspan.
[/caption]

Charlize se ouers, Petrus en Ilse van der Berg, gaan op Mosselbaai inloer by die Diasfees, waar Charlize opgetree het.

“Hulle besef gou hulle is betyds vir die fees, maar dat Charlize se CD’s nie gaan wees nie,” verklap Uga Carlini, regisseur en medevervaardiger van die reeks.

[caption id="attachment_170148" align="aligncenter" width="600"]Verfilming aan een van die tonele in Die Bergs. Verfilming aan een van die tonele in Die Bergs.
[/caption]

[caption id="attachment_170151" align="aligncenter" width="600"]Charlize en Emo Adams tydens die verfilming van hul “carpool”-toneel. Hulle het onder meer die liedjie Amazing Graze saam gesing. Charlize en Emo Adams tydens die verfilming van hul “carpool”-toneel. Hulle het onder meer die liedjie Amazing Graze saam gesing.
[/caption]

[caption id="attachment_170152" align="aligncenter" width="450"]It’s a wrap! Die laaste toneel van episode 2 wat op Mosselbaai verfilm is, is kant en klaar. It’s a wrap! Die laaste toneel van episode 2 wat op Mosselbaai verfilm is, is kant en klaar.[/caption]