’n Skokkende videogreep het aanlyn opgeduik van ’n vrou wat in haar werkgewer se lemoensap urineer.

Die voorval is opgeneem deur ’n versteekte kamera wat ’n gesin van Saoedi-Arabië in die Midde-Ooste in hul huis laat aanbring het nadat hulle “om onbekende redes agterdogtig geraak het oor die huishoudster”, berig MailOnline.

Die versteekte kamera het afgeneem hoe twee vroue die kombuis skoonmaak. Een van hulle berei ’n mengeldrankie wat vermoedelik vir haar werkgewer bedoel is.

Sy roer die sap en beweeg weg toe die ander vrou ’n plastiekkoppie onder haar rok indruk. Daarna stap sy na die sap en gooi die liggeel vloeistof in die koppie by die sap.

Nadat hulle na die videomateriaal gekyk het, het die gesin besluit om die huishoudster, wat van Asië is, te laat deporteer, het die Arabiese dagblad Sada berig.

“Die werkgewer was geskok toe hy die video sien,” het die koerant berig. “Die man se vrou sê sy is verbaas oor die gedrag, want hulle het die huishoudster mooi behandel . . . Sy sê al die gesinslede het saamgestem om die huishoudster dadelik te laat deporteer.”

Bronne: MailOnline, The Mirror, Emirates 24/7

Ander stories op Huisgenoot.com:

O Vet! Bertha le Roux is klaar met dieetfoefies, aanvaar sy ‘sal nooit rietskraal wees’

Groot omstredenheid heers oor Kate se asemrowende trourok jare ná sprokiestroue

Andriëtte in die wolke ná sege by Ghoemas – al loop sy dit byna mis

Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!