Kyk net hoe baljaar die Proteas wanneer hulle nie op die krieketblad moet swoeg vir punte en paaltjies nie! Die Proteas speel tans in die driehoekige eendagreeks in Barbados en sê Vrydag die Windies die stryd aan. Op die een foto sien ’n mens hoe Faf, AB de Villiers (die kaptein) en Chris Morris saam ’n onderwater-selfie neem.

Great day out in the ocean .photo credit @tipo_morris @abdevilliers17

A photo posted by Faf du plessis (@fafdup) on
Op ’n ander sien jy weer hoe Faf en AB soos jong seuns van ’n boot tot in die water plons. “Fantastiese dag in die oseaan,” het Faf daarby geskryf.

Not sure what to say here... #dayoffun

A photo posted by Faf du plessis (@fafdup) on

Ons is seker die speletjies in die son en see gaan hulle ekstra woema gee wanneer hulle weer hul staal moet wys.

Not often you get a selfie with a turtle! #carribean

A photo posted by Chris Morris (@tipo_morris) on