Dit is geen geheim dat ons hondekinders niks daarvan hou om bedags (of snags) alleen by die huis gelos te word nie.

Die blote gedagte dat al die familie die huis verlaat, is natuurlik baie ontstellend. Daarom kom dit nie juis as ’n groot verrassing dat dié poolhond iets gekry het om hom mee besig te hou terwyl hy op sy eentjie was.

Lees ook: Hanteer só die dood van ’n troeteldier

’n Imgur-gebruiker het foto's gedeel van die totale verwoesting wat sy poolhond aan sy huis aangerig het ná die viervoetige vriend ’n pot gitswart verf in die hande gekry het.

Die hond was glo net vir drie ure alleen, maar kon in daai kort tydjie baie skade aanrig.

Maar wie weet, dalk was dit tyd om die leefarea bietjie op te knap?

Elke bietjie help.

[caption id="attachment_122123" align="alignnone" width="600"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Dis ’n goeie begin!

[caption id="attachment_122124" align="alignnone" width="600"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Maar pas die swart by die kleurskema?

[caption id="attachment_122125" align="alignnone" width="600"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Natuurlik kan botter nie sy mond smelt nie.

[caption id="attachment_122126" align="alignnone" width="600"]Foto: Imgur Foto: Imgur[/caption]

Ook op Huisgenoot.com

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie