Een ding is seker: Ivan Botha het hope pret as hy nie voor die kameras besig is om ’n nuwe romantiese komedie te verfilm nie. Die akteur het ’n rits verblydende foto’s op Instagram gedeel terwyl hy al te lekker toeris speel in die Groot Appel. Op die een foto het hy ’n New York Yankees-wedstryd by die Yankee Stadion gaan kyk. Volgens hom was dit nog altyd op sy lys van moet-doen-dinge. Duidelik was hy in die wolke dat die Yankees die wedstryd gewen het!

Lets go Yankees! #bucketlistcheck #newyork #travels.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on
Op ’n ander foto bederf hy sy aanhangers met ’n foto van ’n Starbucks-koffie. “So moet elke dag begin.”

So moet elke dag begin. #madisonsquarepark.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

Asof dit nie opwindend genoeg is nie, het hy ook ’n vuurwerkvertoning in Brooklyn gesien op Amerika se Onafhanklikheidsdag.

This reminds me of a song... work work work work work FIREwork. #4thofjuly #newyork #macy's.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

CheeseCAT in the city. New York moet op almal se bucket list wees.

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

En op ’n lekker sonnige dag het hy natturlik ook ’n draai in Central Park gemaak.

Its central and its a park... Where am I...?

A photo posted by Ivan Botha (@ivanbotha17) on

Lyk dit nie lekker nie!