Suid-Afrika se nuutste wêreldster en aanbieder van The Daily Show, Trevor Noah, het sy sak geskud vir ’n weelderige dakwoonstel in Manhattan, New York. 

trevmain

Volgens die Wall Street Journal het ons Trev Maandag sowat R130 miljoen betaal vir die dakwoonstel wat in die mark was vir R149 miljoen.

1. Die drieslaapkamerwoonstel op twee vlakke is in die Stellar Tower-gebou in die buurt Hell’s Kitchen aan die westekant van die middestad van Manhattan geleë naby Times Square en die gesogte Barrymore-teater.

[caption id="attachment_161377" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

[caption id="attachment_161376" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

2. Dit het ’n terras reg rondom van 86 m², beslaan sowat 334 m² en is op die gebou se 17de en 18de vloer geleë.

[caption id="attachment_161374" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

[caption id="attachment_161373" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

3. Die Art Deco-toringblok met sy glimmende kleure is in die 1920’s deur die gevierde argitek Ralph Walker ontwerp en het as huisvesting vir die stad se vaklui sowel as sakemanne gedien.

[caption id="attachment_161372" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

4. Volgens The Observer het die maatskappy die “integriteit van Walker se visie behou en gekonsentreer op die fasade en Art Deco-versiering wat hom beroemd gemaak het terwyl hulle ook spesiaal ontwerpte afronding en geriewe van gehalte bygevoeg het”.

[caption id="attachment_161370" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

[caption id="attachment_161369" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

5. Die gebou is herontwerp in die hoop om die waarde en gewildheid van eiendom in Hell’s Kitchen te verbeter. Dis die buurt waar mense soos die sangeres Alicia Keys gebore en getoë is.

[caption id="attachment_161368" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

[caption id="attachment_161367" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

6. Trevor se sitkamer, eetkamer, kombuis en twee badkamers is op die onderste vloer en sy hoofslaapkamer en die terras bo.

[caption id="attachment_161365" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

[caption id="attachment_161362" align="alignnone" width="600"]Sotheby's NYC Sotheby's NYC[/caption]

7. Die gietyster-bad in die hoofslaapkamer straal ’n Great Gatsbyagtige weelde uit en Trevor sal die Empire State-gebou daaruit kan sien.

8. Die JDS Development Group en Property Markets Group het die blok in deeltitelwoonstelle omskep en dit in 2014 op die mark gesit.

Dit lyk asof die komediant se droom as kind eindelik waar geword het, nadat hy voorheen aan The Wall Street Journal gesê het: “Kleintyd het ek myself belowe ek moet op iets uitkyk, maak nie saak waar ek woon nie.”

Bronne: The Wall Street Journalonlocationtourschannel24ObserverEast Coast Radio.