"Gelukkige verjaarsdag aan die beste ma in die wêreld."

So het die sanger Steve Hofmeyr in sosiale media geskryf met dié dat sy ma, Carien, hierdie week 72 geword het.

"My ou lady is al 70 en ek ken manne jonger as ek wat haar wil date. Oor my dooie liggaam," skerts hy.

Op die Facebook-foto skryf hy, "Dankie ma".

En hoe vier Steve só ’n groot mylpaal? Hy bederf haar met ’n luilekker middagete!

Sy aanhangers het ook ingespring om haar geluk te wens.

"Kyk die pragtige gene wat deurslaan in haar seuns en kleinkinders! Geluk Tante! Hoop jy’t ’n aangename dag geniet met al jou dierbares bymekaar," skryf een Facebook-gebruiker.

"Jy kan trots wees op jou moeder en dankbaar dat sy jou vergesel het op jou pad na wasdom . . . sy’s ’n mooi meisie . . . Baie geluk, hoop hulle het jou en bederf jou nog steeds . . . moeder van Steve . . . wens jou ’n fantastiese jaar toe," skryf ’n ander een.

"Steve sy is pragtig. Die dat jy ook so aantreklik is. Baie geluk met haar verjaarsdag. Hoop sy word nog lank gespaar met goeie gesondheid. Bederf haar vandag en waardeer haar," skryf nog een.

Baie geluk met die mylpaal Carien!