Selfs krimpvarkies het verjaardae, en dié kêrel weet beslis wat hoe om met ’n kolwyntjie klaar te speel! Kyk hoe dié oulike krimpvarkie saam met sy twee hamstervriende nog ’n lewensjaar vier. Die hamsters het beslis ’n voordeel bo die krimpvarkie, want hulle kan kos in hul wange bêre.

Mnr. Krimpvarkie se hamstervriende lyk ook lekker gulsig; hulle laat hulle nie twee keer nooi om die happies vir later in hul wange te bêre nie.

Die video is gemaak deur Hallo Denizen, die mense agter die ewe oulike video van ’n piepklein hamster wat piepklein burrito’s eet.

Feit: Die eendbekdier, party knaagdiere en die meeste ape het ook bêreplek in hul wange. Eekhorings se bêreplek kan dieselfde grootte as hul liggaam word.

- Megan Bursey

Bron: Wikipedia

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.