Waar meeste honde balle met hul monde vang, gebruik Purin haar pote om balle van die doelhok weg te hou.

Sy het onlangs daarin geslaag om ’n allemintige 14 balle in ’n minuut te keer, drie meer as haar vorige rekord.

Dié talentvolle brakkie kan ook skaatsplank ry, op haar agterpote loop en selfs touspring.

Purin, van Chiba in Japan, is reeds ’n gereelde gesig op plaaslike televisiestasies en het selfs al haar eie agent.