Sy "steel al jou man sedert 1928", vertel Baddie Winkle laggend. En een ding is seker: hierdie is nie jou alledaagse oumagrootjie nie!

and i know when that

A photo posted by @baddiewinkle on
Sy is tydens die Groot Depressie van 1928 gebore as Helen Ruth van Winkle. Ná die dood van haar man op hul 35ste huweliksherdenking en later ook haar seun, het Ruth besluit om die karakter van Baddy Winkle te skep.

check out the documentary i did for @refinery29 shot by the amazing @daniellelevitt

A photo posted by @baddiewinkle on

"Ek het die heeltyd gehuil omdat ek nie hul dood kon verwerk nie," vertel Ruth, oorspronklik van die Amerikaanse deelstaat Kentucky. "Daarom het ek myself omskep in Baddie Winkle."

it's true

A photo posted by @baddiewinkle on

Sedertdien het dié byderwetse 87-jarige 'n internetsensasie geword. Sy het al meer as 1.7 miljoen volgelinge op Instagram ingewin. Dit sluit groot name soos Miley Cyrus en die sangeres Rihanna in. Baddie is ook die trotse grootouma van 'n hele kroos agterkleinkinders.

Kickin it w @baddiewinkle backstage @ da #vmas

A photo posted by Miley Cyrus (@mileycyrus) on

"Baddie Winkle het my ontsettend baie gehelp - ten minste geestelik," verklap Ruth. "Die les wat ek geleer het is om die lewe en te laat lewe. Ek wil graag ook 'n rolmodel wees vir ander ouer mense: jy is net een keer op die aarde, daarom moet jy dit geniet."

it's my 87th birthday bishhhhh

A photo posted by @baddiewinkle on

Bronne: refinery29.com, distractify.com