Ons plaaslike glansmense is dol daaroor om kiekies van hul skattige kleingoed op sosiale media te deel. Nie dat ons kla nie. Hier is van die oulikste foto’s wat sterre al van hul kroos gedeel het.

Emo Adams

Die sanger en TV-aanbieder is dol daaroor om foto’s van sy skattige agt maande oue seuntjie, Kadar Zayn, te deel. Klein Kadar is duidelik sy pa se hart se punt. Emo vertel juis op Instagram dit maak nie saak waar in die wêreld hy hom bevind nie. Sy hart is altyd by sy eersteling.

A photo posted by emo adams (@emo_adams) on

A photo posted by emo adams (@emo_adams) on

A photo posted by emo adams (@emo_adams) on

Lees ook: Namibiese supermodel Behati Prinsloo en haar man, Adam Levine, verwag eersteling!

Minki van der Westhuizen

Die nuwe Boer Soek ’n Vrou-aanbieder is versot op haar dogters, Katerien (2) en Elise (18 maande) en deel gereeld kiekies van die twee op Instagram. Die twee kleingoed het al selfs hul eie hutsmerke wat hul ma saam met hul foto’s deel - #katerienlief en #elisehartjie. Te oulik.
Saam met ouma Carien.

Sue Duminy

Die Protea-krieketspeler JP Duminy en sy vrou, Sue, se ses maande oue dogter, Isabella, is ongetwyfeld een van die oulikste kleingoed op Instagram. En sy glimlag omtrent as haar ma die selfoonkamera vir selfies uithaal.

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

A photo posted by Sue Duminy (@sueduminy) on

Karlien van Jaarsveld

Karlien se tweejarige tweeling, Daniël en Eliah, is duidelik hul ma se oogappels, of hulle nou swemlesse neem of net by die huis baljaar. Ma Karlien is altyd reg om dié spesiale oomblikke met haar kamera vas te vang.

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

A photo posted by Karlien (@karlienvanjaarsveld) on

Amor Vittone

Amor is ’n trotse ma. Sy is nie net dol daaroor om foto’s van haar dogter, Kylie (10), en seun, Jordan (12), op Facebook te deel nie, sy spog ook met hul prestasies.

Sy het onlangs op Facebook ’n foto van Jordan gedeel met ’n prys wat hy gewen het nadat hy twee doele tydens ’n sokkerwedstryd aangeteken het. “Wow, Jordan, jy is wonderlik my engel!” het sy gespog.

Lees ook: Kyk net wat gebeur as ’n dogtertjie vir ’n leeu ’n soentjie blaas

Haar dogter, Kylie, is versot op perdry en haar ma het Maandag op haar 10de verjaardag ’n spesiale boodskap aan Kylie op Facebook gedeel.

“My baba engel is 10 vandag! Kylie, jy bekoor mense met jou sjarme, teerheid, humor, persoonlikheid en liefdevolle geaardheid! Ons kan net God dank dat hy jou vir ons gegee het! Jy is ’n engel uit die hemel. Gelukkige verjaardag Kylie! Ons is lief vir jou -- maan toe en terug.”

[caption id="attachment_120042" align="alignnone" width="406"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

[caption id="attachment_120043" align="alignnone" width="480"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Janez Vermeiren

Een ding is duidelik: Die Man Cave-aanbieder Janez Vermeiren se twee seuns, Vincent (18 maande) en Matisse (11), gaan duidelik eendag net soveel harte breek soos hul pa. En een van die dae verwelkom hulle nog ’n Vermeiren-mannetjie in die huishouding. Janez en sy vrou, die Brasiliaanse model Juliana Vasconcelos verwag nog ’n seuntjie.

Vicky Davis

Ontmoet Lira Joubert, die skattige 14 maande oue dogter van die Pasella-aanbieder Vicky Davis en haar man, die musikant Schalk Joubert. Haar ma het net drie weke gelede by Instagram aangesluit en het nog net ’n handjievol foto’s van Lira gedeel, maar ons kan nie wag vir nog foto’s nie. Sy het darem al op Facebook vir ons ’n glimp van klein Lira gegee en die kleinding is net so pragtig soos haar ma.

A photo posted by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

A photo posted by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

A photo posted by Vicky Davis (@vicky_davis_sa) on

[caption id="attachment_120045" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

[caption id="attachment_120046" align="alignnone" width="600"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Michele Burger

Die Stormers-rugbyspeler Schalk Burger se vrou, Michele, is ongetwyfeld een van ons gunstelingma’s om op Instagram te volg. Die rede? Sy deel die oulikste foto’s van haar twee seuns, klein Schalk jr. (3) en sy kleinboet Nicol. Nicol vier later vandeesmaand sy eerste verjaardag.

– Lara Atson

Ander stories op Huisgenoot.com:

Nuwe inligting oor vermeende ‘Rhodes-verkragter’ bekend

Huisgenoot-joernalis vertel die storie van die barmhartige Samaritaan wat sy verlore beursie terugbesorg het

’n Naweek van terreur laat minstens 50 dood in twee wêreldstede

Wayde van Niekerk hardloop blitsvinnig die geskiedenisboeke in

Pragfoto’s: Kyk hoe skitter SA se eie Candice Abrahams as Mev. Wêreld!