Dié ma van drie het soos Kim 'n kaalkiekie van haarself op Twitter gedeel met net swart stroke om haar skaamte te bedek. “@kimkardashian, jy het my geïnspireer! #liberated #thetalk,” het Ozzy Osbourne se vrou by die foto geskryf. Vroeër dié week het die werklikheidster Kim Kardashian 'n beroering op die internet veroorsaak toe sy 'n naakfoto van haarself op Instagram laai. Die ma van twee het onder kritiek deurgeloop, met glansmense soos Chloe Grace Moretz, Pink en Bette Middler wat hulle oor die kiekie uitspreek. “Kim Kardashian het vandag 'n naakselfie getwiet,” het die 70-jarige Bette gesê. “As Kim wil hê ons moet 'n deel van haar sien wat ons nog nie gesien het nie, sal sy die kamera moet insluk.”

Kim het teruggekap met: “Haai, @BetteMidler, ek weet dis verby jou slaaptyd, maar as jy nog wakker is en hier lees, stuur kaalkiekies #justkidding"

Kim het die foto ook op haar blog verdedig in 'n plasing met die titel Internasionale Vrouedag. In die boodskap vra sy ook haters moet “aanbeweeg” van die berugte seksvideo wat sy en haar ekskêrel Ray J langer as 'n dekade gelede gemaak het.

Sharon se aanhangers daarenteen was mal oor haar foto en het komplimente getwiet soos: “Goeiste! Sharon, jy het dit baie beter gedoen!”

Ander skryf: “Mooi so, mev. O! Enige vrou moet die reg hê om hulself uit te druk sonder dat hulle veroordeel word!!"

Bronne: The Mirror, kimkardashianwest.com, billboard.com

- Kirstin Buick

Ander stories op Huisgenoot.com

Beïndruk motorgeesdriftiges as jy weet SA se Motor van die Jaar is . . .

Zephany Nurse se grootmaakma skuldig

Tokai-moord: Nóg klagtes kom moontlik teen Franziska-verdagtes

Vrou in Zephany Nurse-saak skuldig

Ma takel stigma: ‘My dogter is meer as net die geboortemerk op haar gesig’

Kyk: 7 koninklike kleingoed sal jou hart vermurwe

‘Liefie’ hier en ‘skattie’ daar: Basta met troetelname op kantoor sê vroue

‘Dit is net God se genade’: Tweejarige terug by die huis ná boetie hom uit swembad red