Die sanger het in die sosiale media gespog met die oulike speelding wat sy prinsessie van John Deere ontvang het.

Dankie John Deere maar ek het die groter trekker bedoel

A post shared by Steve Hofmeyr (@steve.hofmeyr) on

By ’n kiekie van hom op die skopfiets wat hy op Instagram gedeel het, skerts hy: “Dankie, John Deere, maar ek het die groter trekker bedoel.” Hy het ook op Facebook geskryf hy het eintlik ballet in gedagte gehad vir sy dogter.

Een van sy aanhangers meen juis die speelding is net die regte ding om klein Romy-Lee voor te berei vir balletklasse. “Dis baie goeie oefening vir die kuite en bene, wat haar bene gaan sterk maak vir ballet,” skryf ene Ida Kriel op sy Facebook-blad.

Steve het ook vroeër vandag op Facebook ’n kiekie gedeel van hom en Janine in Vereeniging terwyl hy in die omgewing was vir optredes. Op hul bed is die woord “Love” en ’n hartjie met blomme gevorm. Praat van ’n romantiese wegbreek!

Romy-Lee sal Steve (nou 52) se tweede dogter wees. Hy het reeds ’n dogter en vier seuns.