Die donsige diertjie was stokstyf en het flou geword nadat ’n volwasse Birmaanse luislang (Python bivittatus) hom probeer verwurg het.

Luislange is nie giftig nie en maak staat op hul ongelooflike vermoë om hulself styf om hul prooi te draai, wat die slagoffer ontneem van suurstof, voor hulle hul heel insluk.

Die bokkie was stokstyf en het flou geword. Foto: Magazine Features

Maar dit was die bokkie in die provinsie Guangdong in die suide van China se gelukkige dag – sy eienaars het net betyds tot sy redding gekom.

In die video probeer een boer die slang wegdryf, terwyl ’n ander ’n net vashou wat heeltemal te klein lyk om die slang mee te vang.

Hulle kry dit eindelik reg om die luislang se aandag af te trek en dit begin hulle jaag, wat die boer laat weghardloop.

Die slang het sy aptyt verloor. Foto: Magazine Features

Op die ou end het die luislang – ’n beskermde spesie in China – sy eetlus verloor en seil weg tot in die bosse.

Die bokkie lê daarna stokstyf op sy sy, maar maak ’n oulike blêrgeluid toe die mans teen hom stamp om te kyk of hy leef.

Dis teen die wet in China om luislange seer te maak en dorpenaars wat op die roofdiere afkom, word aangeraai om die owerheid of slangkenners te ontbied.