Jessers McGhee is ’n cocker spaniel wat, soos baie honde daarbuite, mal is daaroor om met sy geliefde tennisbal te speel.

Maar daar’s een ding waarvan Jessers nie baie hou nie – en dis water. En swem is beslis baie laag op sy lysie van daaglikse aktiwiteite.

Tog, elke dan en wan, beland Jessers se tennisbal karplaks in die swembad. En hy het geen ander keuse as om dit self uit te vis nie.

Maar Jessers is nie sonder ‘n plan nie – hy het op eie houtjie ’n vernuftige manier ontdek om sy bal uit die swembad te kry, sonder om (baie) nat te word!